Livestock farm for sale in Marydale

‘n Uitstekende Bo-Karoo Veeplaas tussen Prieska en Marydale, Noord-Kaap
'n Uitsonderlike Bo-Karoo veeplaas, 70-km tussen Prieska en Marydale geleë - wat 'n skaars geleentheid bied vir die ernstige veeboer of belegger. Met uitstekende infrastruktuur, betroubare waterbronne en goed versorgde heinings is die plaas gereed vir onmiddellike produksie.
Die plaas is doeltreffend ingerig vir veeboerdery. Goeie toegangsroetes en 'n funksionele uitleg maak dit 'n sorgvrye boerderyeenheid met uitstekende waarde vir geld.
Weiding
Die plaas beskik oor gemengde sagteveld, met volop natuurlike weiding wat onder andere bestaan uit:
• Die plaas is sonder Prosopis-besmetting
• Kort- en langbeen-Boesmansgrasse
• Verskeie pioniers-grassoorte
• Karoobossies
• Gannabosse
Watervoorsiening
• 12 krippe
• 4 windpompe
• 6 x 5 000-liter JoJo-tenks
Kampe en hanteringsgeriewe
Die plaas is verdeel in:
• 8 groot kampe
• 3 veehanteringskrale
Omheining en sekuriteit
Die hele plaas is rondom geëlektrifiseer, wat sekuriteit en doeltreffende beheer van veeboerdery en roofdierbeheer verseker. Die plaas se grensheinings is in ‘n goeie toestand. Een grens van die plaas is met jakkalsproef toegerus, terwyl die ander grense met stewige, diggespande 10-draad stokheinings omhein is.
Infrastruktuur
• Geen Eskomkrag nie
• 1 groot stoor
• 1 klein stoor
• 1 arbeidershuis
Drakrag
Met 'n drakrag van ongeveer ±1:36 GVE of ±1:7 KVE is die plaas besonder geskik vir volhoubare veeboerdery onder tipiese Karoo-toestande, terwyl die natuurlike veld uitstekende weidingspotensiaal bied.
EIENAAR IS BTW GEREGISTREERD
BTW IS UITGESLUIT IN DIE VERKOOPPRYS
Nog 'n aangrensende plaas van ongeveer 3 314-ha is beskikbaar, slegs 5 km van hierdie eiendom geleë, wat 'n uitstekende geleentheid bied vir strategiese uitbreiding en die skaalvergroting van bestaande landbou- of ontwikkelingsbedrywighede.
Kontak my gerus vir die besigting en meer inligting!
