Livestock farm for sale in Kalahari, Northern Cape

Te koop: Uitstekende Kalahari vee- en wildsplaas tussen Groblershoop en Upington, Noord-Kaap
2 Eenhede | Totale grootte: 11 763 ha
________________________________________
EENHEID 1 – 5 230 ha | R13 450 000
Goed ontwikkelde 5 230 ha plaas in 'n gevestigde landbougebied, ideaal vir veeboerdery. Die eiendom bied twee gerieflike wonings, praktiese infrastruktuur, skure, stoorgeriewe en 'n volledig toegeruste slaghuis. Die plaas is goed omhein en in verskeie kampe verdeel met betroubare waterpunte, sterk boorgate, damme, Jo-Jotenks en toegang tot kanaalwater vanaf die Oranjerivier.
Hoofwoning
• Kombuis met oopplan sit- en eetkamer
• 3-slaapkamers met lugversorgers
• Binnebraai-area
• 2-badkamers
• Opwaskamer
Tweede woning
• Kombuis met oopplan sit- en eetkamer
• 2-slaapkamers met luversorgers
• Oopdek met braai-area
• Studeerkamer
• 2-badkamers
• Opwaskamer
Infrastruktuur
• Groot toesluitbare sinkskuur met sementvloer (405 m²)
• Oop sinkskuur met sementvloer (54 m²)
• Toesluitbare sinkstoor (96 m²)
• Oop skuur (108 m²).
• Slaghuis met koelkamer en volledige slaggeriewe
Weiding- en veefasiliteite
• Weiding bestaan uit hardeveld, ranteveld en Savannah-veld
• 16-kleiner kampe ± 4-ha elk met elektriese heinings
• 5 groot kampe en 3 kleiner kampe
• Waterkrippe in al die kampe
• Wildheinings op grensdrade
• 2-veehanteringskrale
• 2-drukgange
• 2-laaibanke
• 25-ha per GVE
Waterbronne
• Gratis toegang tot kanaalwater vanaf die Oranjerivier
• Huishoudelike boorgat met son- en windpomp
• 20 x 5 000-liter Jo-Jo tenks
• 4-droë rivierlope
• 3-sterk boorgate
• 2-sementdamme
• 3-gronddamme
Addisionele inligting
1. Eskom-krag enkelfase
2. 20-kva kragopwekker ingesluit
3. Los bates beskikbaar teen markverwante pryse
4. Word geboer met Santa-Gertrudis-beeste en Boerbokke
5. Vee kan apart aangekoop word om as 'n lopende saak te registreer
6. Verkoopprys sluit BTW uit
________________________________________
EENHEID 2 – 6 533 ha | R13 450 000
Hierdie wild- en beesplaas is geleë in die Groblershoop-omgewing, ongeveer 58 km vanaf Upington, en grens gedeeltelik aan Eenheid 1.
Algemene Inligting
• Geen geboude infrastruktuur op die plaas nie
• Totale oppervlakte van 6 533-ha
• Toegang via grondpad
Veefasiliteite en heinings
• Beeshanterings-fasiliteit met kapasiteit vir meer as 200 beeste
• Volledig omhein met 2.4 m wildheining
• Verdeel in 6 kampe
Weiding en Terrein
• Kombinasie van berg-, harde-, bosveld en gemengde grasvelde
• Uitstekende potensiaal vir bees- en wildboerdery
• Natuurlike weiding oor uiteenlopende terrein
Watervoorsiening
• 12-boorgate waarvan 8 toegerus is
• 5-windpompe
• 5-sonpompe
• 1 nie-permanente gronddam
• 4-sementdamme, waarvan een met 'n seil uitgevoer is
• Droë rivierloop
Addisionele inligting
• Geen Eskomkrag nie
• Geen werkers met permanente verblyfreg nie
• Geen grondeise teen die eiendom geregistreer nie
• Gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 150 – 180 mm
• Verkoopprys sluit BTW uit
