Livestock farm for sale in Kalahari Farms

Gesogte Bo-Karoo Veeplaas tussen Prieska en Marydale, Noord-Kaap
'N JUWEEL IN DIE BO-KAROO
‘n Uitsonderlike Bo-Karoo veeplaas van 3 314-hektaar, bied ‘n seldsame geleentheid vir die ernstige veeboer of belegger wat op soek is na 'n netjiese, goed ontwikkelde en winsgewende boerderyeenheid. Met uitstekende infrastruktuur, betroubare waterbronne, goed toegeruste heinings, is dié plaas gereed vir onmiddellike produksie.
Die feit dat die plaas jakkalsproef en elektries omhein is, geen Prosopis-besmetting het nie, en reeds ingerig is vir doeltreffende skaapboerdery, maak dit 'n uitstaande belegging in die hart van die Bo-Karoo met goeie toegangsroetes, - 'n funksionele, sorgvrye plaas wat werklik waarde vir geld bied.
Weiding
Die plaas beskik oor gemengde sagteveld, met volop natuurlike weiding wat onder andere bestaan uit:
• Gannabosse
• Karoobossies
• Verskeie pioniers-grassoorte
• Kort- en langbeen-Boesmansgrasse
Watervoorsiening
• 12 krippe
• 2 sonpompe
• 2 windpompe
• 2 sementdamme
• 6 x 5 000-liter JoJo-tenks
Kampe en hanteringsgeriewe
Die plaas is verdeel in:
• 1 kleiner kamp
• 7 groot kampe
• 3 skaaphanteringskrale
Omheining en sekuriteit
Die totale plaas het ‘n geëlektrifiseerde heining en word deur sonkrag-skokkers aangedryf — 'n groot voordeel vir doeltreffende bestuur- en roofdierbeheer.
Die plaas se grensheinings is in uitstekende toestand. Drie kante is volledig met jakkalsproef omhein en een grens met ‘n 12 draad-heining.
Infrastruktuur
• Geen Eskomkrag nie
• 1 stoor/voerkamer
• 1 arbeidershuis
Drakrag
Met 'n drakrag van ongeveer ±1:36 GVE of ±1:5 KVE is die plaas besonder geskik vir volhoubare veeboerdery onder tipiese Karoo-toestande, terwyl die natuurlike veld uitstekende weidingspotensiaal bied.
Bonus
As ekstra waarde word 50 Witkopdorper-ooie by die koop ingesluit — ideaal vir 'n lopende saak en onmiddellike produksie.
Die eienaar is BTW geregistreerd
Verkoopprys sluit BTW uit
Nog 'n aangrensende plaas van ongeveer 3 373-ha is beskikbaar, slegs 5 km van hierdie eiendom geleë, wat 'n uitstekende geleentheid bied vir strategiese uitbreiding en die skaalvergroting van bestaande landbou- of ontwikkelingsbedrywighede.
Kontak my gerus vir die besigting en meer inligting!
