Livestock farm for sale in Griekwastad, Northern Cape

‘n Veeplaas met Waterryke Fonteine en Vrugbare weiding, Griekwastad, Noord-Kaap
Hierdie 55,2948-hektaar plaas is geleë slegs 3 km vanaf Griekwastad op die Niekerkshooppad.
Die eiendom bied uitstekende natuurlike waterbronne, gevestigde kleinvee-infrastruktuur en produktiewe bossieveld wat geskik is vir volhoubare kleinveeboerdery. Die vier natuurlike fonteine wat regdeur die jaar vloei, is 'n besonderse bate en dra by tot die plaas se goeie watersekerheid en produksiepotensiaal.
Hierdie eiendom is ideaal vir gesinne wat 'n landelike leefstyl soek of vir energieke afgetredenes wat hul passie vir kleinskaalse boerdery wil uitleef.
Infratruktuur
• Ruim gesinshuis met plaasatmosfeer: 5-slaapkamers en 1 familie-badkamer
• Dubbele waenhuis met stoorruimte + ektra stoorkamers
• Arbeidershuis: lopende water en geen elektrisiteit nie
• Eskom 3-fase krag beskikbaar (tans afgeskakel)
Weiding
Die plaas beskik oor gemengde sagteveld, met volop natuurlike weiding wat onder andere bestaan uit:
• Gannabosse
• Karoobossies
• Verskeie pioniers-grassoorte
• Kort- en langbeen Boesmansgrasse
Watervoorsiening
• 2 boorgate
• 1 windpomp
• 8 damme wat deur die fonteine aangevul word
• 4 fonteine: vars lopende water regdeur die jaar
• Veesuipings word vanaf die fonteine voorsien
Kampe en hanteringsgeriewe
Die plaas is verdeel in:
• 6 kampe
• 1 veehanteringskraal
Omheining en Sekuriteit
• Die plaas se grensheinings is in ‘n goeie toestand en gedeeltelik met jakkalsproef omhein. Geïnstalleerde binnedrade en geen wildheining nie.
Drakrag
• Kleinvee-drakrag (KVE) ± 1:4
• Geskik vir skaap- en bokboerdery
• Betroubare waterbronne ondersteun volhoubare veeboerdery deur die jaar
DIE VERKOOPPRYS SLUIT BTW UIT.
Ontsnap na die rustigheid van die platteland en ontdek 'n leefstyl waar ruimte, veiligheid en asemrowende sonsondergange deel van elke dag is – weg van die stadsrumoer!
Kontak my gerus vir besigtiging en meer inligting!
