House for sale in Riviersonderend Rural

OVERBERG SJARME
'n Stukkie Overberg!!!
Sjarme in die hartjie van Riviersonderend, ontdek die bekoring van plattelandse leefstyl in hierdie pragtige karaktervolle woning, ideaal geleë in die rustige en gewilde dorpie Riviersonderend, in die hartjie van die Overberg.
Hierdie besonderse eiendom verwelkom jou met warmte, karakter en tydlose sjarme. Die woning bied drie gerieflike slaapkamers en twee badkamers, terwyl die ruim oop plan-kombuis - en - leefarea 'n heerlike ruimte skep vir 'n ontspanne gesinslewe en kuier saam met vriende en familie.
Die oorspronklike hout vloere verleen 'n unieke elegansie en herinner aan die karakter en geskiedenis van hierdie lieflike huis. Buite wag 'n rustige, gevestigde tuin waar jy onder die skaduryke bome kan ontspan en die kalmte van die Overberg kan geniet.
Die erf is veilig omhein, wat dit 'n uitstekende keuse maak vir gesinne en hul geliefde vier voet vriende. Die eiendom beskik verder oor 'n enkel motorhuis en 'n gerieflike motorafdak. Die uitstekende ligging in 'n stil woonbuurt, binne maklike loopafstand van winkels en daaglikse geriewe, maak hierdie woning nóg meer besonders.
Riviersonderend bied 'n gesogte en ontspanne plattelandse leefstyl, met 'n 9-putjie-gholfbaan, rolbalbaan en pragtige staproetes in die omgewing.
Hier kry jy die geleentheid om die eenvoud en rustigheid van die platteland te geniet, sonder om gerief prys te gee.
'n Eiendom vol karakter, warmte en potensiaal — die ideale plek om jou nuwe hoofstuk in die pragtige Overberg te begin.
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.
Listing details
Rooms
- 3 Bedrooms
- Main Bedroom
- Main bedroom with en-suite bathroom, curtain rails, double bed and wooden floors
- Bedroom 2
- Bedroom with built-in cupboards, curtain rails, double bed and wooden floors
- Bedroom 3
- Bedroom with curtain rails, double bed and wooden floors
- 2 Bathrooms
- Bathroom 1
- Bathroom with basin, bath, blinds, extractor fan, hot water cylinder, shower, tiled floors and toilet
- Bathroom 2
- Bathroom with basin, bath, blinds, extractor fan, tiled floors and toilet
- Other rooms
- Family/TV Room
- Open plan family/tv room with blinds, tv port and wooden floors
- Kitchen
- Open plan kitchen with blinds, built-in cupboards, melamine finishes and tiled floors
- Laundry
- Laundry with blinds, tiled floors, tumble dryer connection and washing machine connection
- Storeroom
- Storeroom with concrete
